Middelburg Observer
VerifiedNewspaper
The Middelburg Observer is the voice of our local community. From the first edition in 1903 the Middelburg Observer has grown with the community of the Middelburg area and has entrenched itself as a trusted provider of reliable news and advertising in social, economical and political fields. Source
Actions
Media Outlet details
| Scope | Local |
|---|---|
| Language | Afrikaans, English |
| Country | South Africa |
|
Similarweb UVM |
Request pricing |
|
Comscore UVM |
Request pricing |
Recent Articles
Search ArticlesKaalvoetrugby aan die brand
Laerskool Kanonkop se spelers: Armand Botha, Atlegang Phala, Landru Lund en Letho Dlamlenze. Foto: Verskaf. Verskeie rugbyspelers van ons dorp se laerskole is verkies vir die o/12 en o/13 Nkangala spanne. Die ratse rugbyspelers het vandag reeds teen Gert Sibande en Ehlanzeni streke by by Hoërskool Middelburg uitgedraf. More gaan die program voort. • Dennesig Primary – O/13 Eagles: Bonginkosi Skosana. Bonginkosi-Skosana. Foto: Verskaf. • Laerskool C.R. Swart – O/12 Eagles: Divan Scholtz en Elon Joubert.
Rooikatte wag more op Hen Wessels se span
Middelburg sal hoop daar is more meer sulke oomblikke wanneer hy Lydenburg se Rooikatte pak. Jacques Pretorius is die Middelburg speler wat oor die doellyn duik teen Bethal. FOTO: Gerhard Rheeder. Na sy 29 elk gelykop uitslag teen Bethal in die eerste ligawedstryd van die seisoen, sal die span van Henk Wessels graag op die wenpad wil kom. Die tweedes het ’n groot telling van 55-12 teen Bethal opgestapel en lyk na ’n gedugte kombinasie.
Local 4/20 raffle will land Middelburg psychonaut flower for a year
Jenson Davies, Ismail Parker and James Vogel are only three faces of Middelburg's cannabis circle. Very little is known about Middelburg’s cannabis culture; but it’s prevalent, and growing. April 20 is unofficial World Cannabis Day and dispensaries are celebrating the blunt with various deals, like Green Hashish, one local cannabis dispensary that will not only celebrate 4/20 a little earlier with a raffle draw on April 18 (Saturday).
Lumieke – klein hartjie veg groot stryd
Lumieke – klein hartjie veg groot stryd. Foto: verskaf. Wat veronderstel was om ’n vreugdevolle tyd te wees, het vir ’n Middelburg-gesin in ’n stryd om oorlewing verander. Johánrie en Alex Hall sien geweldig uit na die koms van hul dogtertjie, Lumieke, wat hul gesin sal voltooi. Maar tydens ’n roetine-sonar op 23 weke het hul wêreld tot stilstand gekom. Dokters het bevestig dat Lumieke ’n gaatjie in haar hartjie het, asook ’n gewas wat binne-in groei.
Daar was lelies…en toe is daar niks
De swaardlelie, of gladiolus,is ’n majestueuse bolplant wat bekend is vir sy lang, regop blomspiese. FOTO: Verskaf. Dennesig is die afgelope week omtower in ’n kaleidoskoop van oranje.Donderdag was daar niks. Swaardlelies het in plate opgeskiet, veral langs Harry Gwala- en Verkennerstraat. Dit het vir die mooiste mooi veldtuin gesorg. Die blomme is uitgetrek en op die hoek van Helen Joseph- en Njalastraat verkoop.
Die varkoor se verhaal waarvan min mense weet
Die Blesbok of B-span en Suidoos rugbytruie. FOTO: Suidoos B-span Facebook. Vanwaar die varkoor? Uit die dood! In honderde rugbyspelers en beamptes se kaste hang ’n Suidoos-Transvaal baadjie met varkoor op. Vra jy hulle vanwaar die varkoor, is die antwoord: “Seker maar uit die veld?” Ander antwoord eerlik hulle het geen idee nie. Met die Blesbok wat die afgelope paar weke so in die nuus was, het die varkoor weer herleef. Die Blesbokke was Suidoos-Transvaal Rugby-unie se B-span.
Middies se Blinkwater Boertjies is gereed!
Attie van den Berg, Blinkwater Meule en Meneer JJ Hennop, Hoërskool Middelburg Hoof. Foto: Carmia Jansen van Vuuren. Leerders van Hoërskool Middelburg plant vandag hul eerste sade in die boerderywêreld. Elke deelnemer het 5 000 ton ‘kamma’ mielies om mee handel te dryf. Dit skep ’n realistiese beeld van ’n mielieboerdery en hoe die oeste seisoen na seisoen verhandel word.
Kinders hartseer want hul ‘maatjie’ is vergiftig
Max saam met sy mensemaatjies, Franco, Leanney en Maryka Minnaar. Foto: Verskaf. Drie jong kinders se harte is gebreek, want hul hondemaatjie, Max, is gister in die vroeër oggendure by hul huis in Kanonkop vergiftig. Die boewe was waarskynlik agter die motorfietse op die erf aan. Gelukkig het die buurman wakker geword toe die honde blaf, waarop die betreders weggehardloop het. “Die kinders se harte is baie seer.
Hare gaan waai in NWU Pukreeks
Sifiso Hlungwane is een van Middies se sterre. FOTO: Verskaf. Vergeet van ’n kleedrepetisie vir die derby. Vergeet van “dit is maar net nog ’n wedstryd”. Wanneer Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg Saterdag om 12:00 in die NWU Pukreeks aanmekaar spring, gaan die hare waai. Dit is Groen teen Rooi, dorp se trots teen dorp se trots, ’n skool se eer op die spel. HTS Middelburg het onder Jano Venter geweldig verbeter en pak sy ou aartsvyand Saterdg. FOTO: Tobie van den Bergh.
Waarskuwing: Verkeerslig werk nie by Groblersdal Landdroshof
Die verkeerslig op die hoek van Tauteslaas en Van Riebeeckstraat werk nie. Foto: Janine Saayman. Motoriste in Groblersdal word gemaan om uiters versigtig te wees omdat die verkeerslig op die hoek van Van Riebeeckstraat en Tauteslaan, naby die Groblersdal Landdroshof, buite werking is. Die foutiewe verkeerslig veroorsaak tans ontwrigting met die vloei van verkeer, met die situasie wat veral gedurende spitsure vererger.