Is dit die kleur – lewendig, veranderend met die lig? Is dit die aroma – uitlokkend, bied ’n fluistering van wat kom? Is dit die toeloop van geure, of dalk die sagte weerklanke wat talm? Sommige sê dis tyd – die manier hoe ’n wyn verdiep, versag en transformer, en geduld beloon. Ander glo dis glad nie die wyn nie, maar die plek waar mense hulself bevind, of eenvoudig die oomblik – soos die stilte van die sonsondergand na ’n lang dag. ’n Herrinnering, onverwags, aangewakker deur ’n enkele teug.