Johan en Frans Maritz, twee broers, het op 6 April elk hul 100ste eenheid bloed by die bloeddiens op Secunda, geskenk. Foto: Verskaf Twee broers, Johan en Frans Maritz, het op 6 April, saam elk hul 100ste eenheid bloed by die Secunda-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gaan skenk. Dié twee het dus saam al 200 eenhede bloed geskenk. Hulle volg in die voetspore van hul oorlede pa, ook Frans, wat in sy leeftyd meer as 100 eenhede bloed geskenk het.