Son Koerant
VerifiedNewspaper
Die Son (Afrikaans: "The Sun") is an Afrikaans-language South African tabloid reporting sensational news essentially after the model of British tabloids. It is the South African newspaper with the largest increase in readership in recent years. In the Western Cape province, it appears as a daily; in other provinces, it is a weekly paper. The editorial seat is in Cape Town. Source
Actions
Media Outlet details
| Scope | Local |
|---|---|
| Language | Afrikaans, English |
| Country | South Africa |
|
Similarweb UVM |
Request pricing |
|
Comscore UVM |
Request pricing |
| Frequency | Weekly |
| Days Published | N/A |
Recent Articles
Search ArticlesOos-Kaapse man se lyk in bosse gevind
DIE Bethelsdorp-polisie versoek die hulp van die gemeenskap om die next of kin van ’n ongeïdentifiseerde man op te spoor. Die man se lyk is in die bosse in Kwanoxolo in Bethelsdorp, Oos-Kaap gevind. Op Woensdag, 9 September om ongeveer 14:05, het die polisie gereageer op ’n klag oor ’n lyk in die bosse oorkant die brug naby Jurassic Park, Kwanoxolo. “‘By hul aankoms het ’n gemeenskapslid die lyk van ’n onbekende man uitgewys.
Brand eis ma en vierjarige seuntjie
BINNE minute het ’n doodgewone Donderdagmiddag in ’n nagmerrie ontaard toe ’n ma en haar vierjarige seuntjie in ’n verwoestende brand vasgekeer is. Gail (38) en haar seuntjie, Junior (4), is Donderdag omstreeks 11:45 dood verklaar nadat ’n informele struktuur in Solomon Williamsweg in Vredenburg aan die brand geraak en heeltemal verwoes is. Na verneem word, het mense rook opgemerk en hulle na die toneel gehaas.
Black Axe-lede terug na VSA gepos
DIE Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek, oftewel die Valke, het gister in samewerking met Interpol Suid-Afrika die uitlewering van ses Nigeriese burgers aan die Verenigde State van Amerika gefasiliteer. Daar word beweer die ses mans – Perry Osagiede, Collins Owhofsa Otughwor, Osariemen Eric Clement, Musa Mudashiri, Franklyn Edosa Osagiede en Prince Ibeabuchi Mark – is lede van die georganiseerde misdaadnetwerk Black Axe.
Polisie waarsku inwoners ná house robberies by aftreeoorde in Gqeberha
“LOCK up before lights out.” Dít is die boodskap van die polisie in Gqeberha ná twee afsonderlike house robberies by aftreeoorde. Die polisie in Gqeberha doen ’n beroep op inwoners om waaksaam te bly en hul huisbeveiliging te versterk ná twee afsonderlike huisroofvoorvalle by aftreeoorde in die Kabega Park- en Mount Road-polisiëringsgebiede. Op 8 September omstreeks 02:00 het die Kabega Park-polisie gereageer op ’n huisroof by ’n aftreeoord in Great West Way.
13-jarige kind in Uitsig deur security guard doodgeskiet
DIE naweek het nog nie eens behoorlik begin nie, en reeds is ’n 13-jarige seun doodgeskiet. Speurders van Ravensmead ondersoek ’n moordsaak ná ’n skietvoorval wat gister omstreeks 16:30 op ’n kerkperseel in Uitsig, plaasgevind het. “Volgens inligting het drie seuns op die perseel gespeel toe ’n privaatsekuriteitsbeampte skote afgevuur en een van hulle noodlottig gewond het,” sê konst. Ndakhe Gwala, polisiewoordvoerder.
City se verkeersbeamptes help polisie met arrestasies
Personalised advertising and content, advertising and content measurement, audience research and services development Store and/or access information on a device You can choose how your personal data is used.
‘Cash-for-driver’s licence’ scheme: vroue vas oor cash in hul bra’s en panties
DRIE kassiere van ’n bestuurslisensie-toetssentrum in Limpopo is in hegtenis geneem nadat ondersoekers tydens ’n korrupsieklopjag glo duisende rande kontant in hul onderklere gevind het. Die vroue, twee van hulle 63 jaar oud en die derde 53, is by die Marble Hall Driving Licence Testing Centre vasgetrek in ’n gesamentlike operasie deur die SAPD se Misdaadintelligensie en die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE).
Noord-Kaapse tiener dood toe voertuig teen muur bots
“EK hoop nie dis my kleinkind nie.” Dít was die woorde wat deur Johanna Sabbat (54) se kop gegaan het toe sy Woensdagmiddag ’n harde slag buite haar huis hoor. Oomblikke later het haar grootste vrees waar geword. Haar geliefde kleindogter, Lee Jandra “Meitjie” Sabbat, ’n Graad 10-leerder aan Victoria-Wes Gekombineerde Skool, is dood nadat sy in Kempenstraat, Victoria-Wes, deur ’n voertuig getref is. Sabbat sê sy het haar kleindogter kort voor die ongeluk winkel toe gestuur. “Dit was ná skool.
Polisiekonstabel en sy pa by tolhek oor dwelms vasgetrek
’N 26-JARIGE polisiekonstabel sal Maandag in die Paarlse-landdroshof verskyn nadat hy en sy 49-jarige pa weens die besit van dwelms in hegtenis geneem is. Die arrestasie is Donderdagaand by die tolhek by die Hugenote-tonnel uitgevoer. Son verneem dat die pa glo ’n brandweerman is. “Die twee verdagtes was op pad na Worcester toe hulle deur die Paarlse-polisie voorgekeer is wat inligting oor vermoedelike dwelmverwante aktiwiteite ontvang het,” sê konst. Ndakhe Gwala, ’n polisiewoordvoerder.
Pasgebore seuntjie in shopping bag gevind
MA’S IS veronderstel om hul baba’s te beskerm. Dit was egter nie die geval toe ’n baba in Gqeberha agtergelaat is nie. Die Gqeberha-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) doen ’n beroep op die gemeenskap om speurders te help om die ma, of enigiemand anders wat dalk inligting het, op te spoor in verband met ’n pasgebore babaseuntjie wat in Spondo-weg, naby ’n plaaslike winkelsentrum, agtergelaat is.