Die Breedevallei en Langebergstreek se 10 Legendes is aangewys. Dié 10 uitstaande individue is uit talle nominasies gekies as deel van ‘n jaarlikse inisiatief deur Matthee, Hall, Van der Vyver en Vennote (algemene praktyk van Ou Mutual), in samewerking met Worcester Standard & Breederivier Gazette.
Is this you? As a journalist, you can create a free Muck Rack account to customize your profile, list your contact preferences, and upload a portfolio of your best work.
Claim your profile
Articles by Alver Uys
Robertson se 'Buffel' sluit by Gautengse rugbyspan aan
Die alombekende Dihan van der Walt, onder spanmaats en ondersteuners bekend as “Buffel”, het pas die seisoen by Robertson Town afgesluit en verhuis binnekort na die noorde waar hy hom in Januarie by die Northam Rhinos-rugbyklub in Gauteng sal aansluit. Van der Walt – oorspronklik van Heidelberg – sê sy besluit om te verhuis was nie maklik nie, maar nadat die klub hom met ‘n werksaanbod genader het, het hy alles opgeweeg en besluit om die geleentheid ten volle aan te gryp.
Stryd van reuse wanneer Robertson Town en Worcester Villagers mekaar pak
Met die bepalings van die Langeberg-afdeling se Grootuitdaag-deelnemers reeds bepaal, lei alle paaie Saterdag (30 Augustus) na Bolandpark in Worcester wanneer die einste twee spanne wat deurgedring het – Robertson Town en Worcester Villagers, of Villa, soos hulle ook bekendstaan – mekaar die stryd gaan aansê.
Een van Worcester se oudstes begrawe
Een van Worcester se oudste inwoners en ’n geliefde oudverpleegkundige, die 100-jarige Hilda Cordelia Yssel, is verlede Saterdag vanuit die VGK Worcester (Adderleystraat) begrawe. Volgens haar familie en nabye kennisse was suster Hilda ’n merkwaardige vrou met ’n besonderse humorsin wat aansteeklik op almal wat haar lewenspad gekruis het, ingewerk het. Sy het baie goeie waardes nagestreef en haar beroep as verpleegkundige met passie uitgeleef.
Bekende in politieke en fietsrykringe sterf
’n Bekende in politieke kringe en uithaler-sportman van weleer, die 64-jarige Anwar Ismail, is Woensdag (9 Junie) onder blyke van groot belangstelling vanuit sy ouerhuis in Parkerstraat volgens Moslem-tradisie begrawe. Hy was die oudste seun van wyle Essop Ismail en sy vrou Miriam. As jong man het hy hom bekwaam as spesialis-opvoeder aan die destydse Hewat-opleidingskollege in Athlone.
Hier staan Paasbasaar nog sterk
WORCESTER – Die jaarlikse Paasbasaar – met al die gepaardgaande jolige pret en plesier – is nou al vir etlike dekades deel van die dorp se rype kultuurerfenis. Hoe basaar op Paasmaandag in Worcester gehou word, is op sigself ’n unieke ervaring met inwoners wat dan oor geloofsgrense heen saam-saam basaar hou. Dit is nie net om broodnodige geld in te samel nie, maar ook om ’n tradisie wat vir langer as ’n eeu reeds ’n erfenisdeel in Worcester se rype geskiedenis kom word het, voort te sit.
Esau het diep spore gelaat
Nog ’n stukkie geskiedenis in die rype annale van Worcester is Saterdag 27 Maart geskryf toe ’n amptelike kategorie 2- provinsiale gedenkdiens in die Worcester-stadsaal vir die ontslape vryheidsvegter en getoë Worcesteriet Cecyl Esau gehou is. Die 65-jarige Esau is in Worcester gebore as jongste kind van wyle Jakob en Maria Esau.
Bid vir berusting in geliefdes se dood
Nadat ons lesers in verlede week se Standard ingelig het oor geliefdes (waarvan ons kennis gedra het) van wie ons intussen afskeid moes neem, het die lys sedertdien met nóg ’n paar name gegroei. Die fokus verskuif hierdie week na ’n hele paar ander bekendes wat ons hier reg aan die begin van ’n nuwe jaar met nog net meer vrae as antwoorde laat.
Talle bekendes sterf binne enkele dae
Talle bekende Valleiers is die afgelope enkele dae oorlede. Benewens die president van Boland-rugbyunie - wie se oorsaak van dood nog nie amptelik bekend gemaak is nie – is almal aan Covid-19-verwante oorsake dood. Standard het verlede week berig oor die skoolhoof van HTS Drostdy, Arthur Underhay, wat oorlede is. In die afgelope paar dae het nog bekende Valleiers te sterwe gekom, onder andere Ivan Pekeur, Malcolm September, Suliman Salie en Japie en Catharina ( Babs) Rabie.
Geliefde Oom Boet groet
’n Bekende inwoner van Worcester wat diep spore in kerk-meelewing en Kerskore hier in die dorp getrap het, die 83-jarige William “Oom Boet” August, is verlede Dinsdag (8 Desember) aan Covid-19-verwante oorsake in die Worcester-hospitaal oorlede. Oom Boet, soos hy alombekend was, is hier in Worcester gebore en het eers by HexTex gewerk voordat hy langer as 20 jaar by Die Burger gewerk het, waar hy vir die verspreiding van die koerant in Worcester en omliggende dorpe verantwoordelik was.
Onderdele-deskundige tree af ná 41 jaar diens
Een van Worcester se bekendste inwoners wanneer dit by voertuig- elektriese onderdele kom, die 66-jarige William Swarts, sluit aan die einde van September ’n besonderse tydvak in sy lewe af wanneer hy ná net meer as 41 jaar in diens van Diesel-Electric as senior verkoopsman halt roep.
Show More
loading
Actions
Is this you?
As a journalist, you can create a free Muck Rack account to customize your profile, list your contact preferences, and upload a portfolio of your best work.Get in touch with Alver
Contact Alver, search articles and posts on X, monitor coverage, and track replies from one place.
Learn more about Muck Rack