Articles by David Rossouw
‘Meneer Atletiek’ vuur sy laaste skoot na 38 jaar diens
Ralph Cuttings, beter bekend as ‘Meneer Atletiek’, het Saterdag (24 Oktober) sy laaste skoot op die atletiekbaan van Liebenberg Primêr in Wesbank, Malmesbury, by die St. Thomas Primêre skool se Atletiekfees 2026 afgevuur. Dié jaarlikse atletiekfees het hierdie jaar 17 skole vanuit die Weskus, Swartland, Atlantis, Boland en SWD gelok.
Topspanne spook dit uit in Goue Beker- kwarteindrondes
Met al die rugby-klubkompetisies van die verskillende rugbyunies nou agter die rug, spook die topspanne van die 15 rugbyunies dit in die 2026- Pick n Pay- Goue Beker uit. Hierdie naweek pak die agt oorblywende spanne mekaar in die Pick n Pay- Goue Beker-kwarteindrondes van die noordelike en suidelike afdelings.
Teen climbs sports ladder
Graham Seth Rooza (17), currently in Grade 11 at the Ben Viljoen High School in Groblersdal, made the Atlantis community proud after he was recently selected to represent the Limpopo Blue Bulls in the 2026 SA Schools youth u-18 Craven week. ALSO READ: https://novanews.co.za/weskusnuus/school/no-story-too-small-as-schools-zone-celebrates-every-achievement/ Rooza started playing rugby when he was 11 years old while at Karria Primary School in Grade 5.
Atlantis 50th – champions
ATLANTIS – WeskusNuus journalist Andrew Murphy Roberts was named Community Builder of the Year at the Atlantis 50th Champions Awards, held on Saturday 19 September at the Multi-purpose Centre in the Atlantis Industrial area. The awards recognised residents and community members who have made a meaningful contribution to Atlantis over the years.
Louwville vol talent
LOUWVILLE – Die Don Development Centre het op Saterdag (29 Augustus) ‘n jeugtalentvertoning aangebied by House of Potter. Die geleentheid het jongmense die kans gegun om hul talente ten toon te stel. In die dansafdeling het God’s Creation die derde plek behaal, terwyl Worship Warriors tweede geëindig het. Francoline Kotzee het die eerste plek in die sangafdeling verower. Gemeenskapslede het die vertoning bygewoon en die deelnemers ondersteun.
It was a night for service groups
On Monday evening, 29 June, at Avondale Primary School Danny Pietersen was inaugurated for the third consecutive time as president of the Rotary Club of Atlantis, marking his fourth overall term since first taking office in 2019. At the same ceremony Jordan Petersen was also inducted as the new president of the Rotaract Club of Atlantis, an affiliate of the Rotary Club of Atlantis. Rotaract places a strong emphasis on self-development and measurable projects within local communities.
Weskus Dames A-span verower brons
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Melissa haal WP-span
ATLANTIS – Melissa Ndlovu van Atlantis Sekondêr is in die WP se o.18-meisiesrugbyspan opgeneem, skaars ‘n jaar nadat sy aan dié sport begin deelneem het. Melissa het aanvanklik aan atletiek, netbal en sokker deelgeneem en was veral sterk in die 100- en 200-m-naellope. Haar belangstelling in rugby het verlede jaar begin toe die afrigter Jaden Hansen haar aan die sport bekendgestel het. Die afrigter Dean Storm het haar ontwikkeling verder ondersteun.
Rotariërs help met sigprobleme
Rotariërs van Atlantis en Melkbosstrand het saam met die Radiance-stigting en die Atlantic Eye Foundation op Mandeladag ‘n oogsorginisiatief by die Eerste Rivier-hospitaal aangebied, waar 20 pasiënte gratis katarakoperasies ontvang het. As deel van die Cash for Clarity-veldtog is die operasies uitgevoer vir pasiënte wat andersins nog lank op die staat se waglys sou moes wag. Benewens die herstel van hul sig, het die projek ook bygedra om die druk op openbare gesondheidsdienste te verlig.
Stryd om 2de plek in Weskus Grootuitdaagbeker lê voor
Die Weskus Grootuitdaagbeker-kompetisie is nou in die laaste pylvak en vir Vredenburg, St. Helenabaai, Young Hearts en Velddrif is die laaste wedstryde van kardinale belang. ‘n Fout kan beteken dat hul kanse om die uitspeelronde te haal al skraler word. Die afgelope Saterdag (18 Julie) het Paternoster se eerste span op sy tuisveld, die Paternoster-sportterrein, teen die St. Helenabaai Albatrosse te staan gekom.
Regstelling
Weens ‘n tikfout in die foto-onderskrif by die netbalfoto oor die wedstryd tussen die Vredenburg A-span en Langebaan B-span op Weslander se agterblad van Donderdag 9 Julie, is die eindtelling verkeerdelik as 50-2 aangedui. Die korrekte telling was 50-20, soos ook op die foto sigbaar is. NovaNews WhatsApp Channel is LIVE! Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access. Share this article:
Boland 2de in Cravenweek
Die 2026 nie-amptelike Cravenweek-eindstryd het die afgelope Saterdag (4 Julie) om 12:00 op die beroemde Grey Kollege- sportgronde plaasgevind, met die Wes-Kaap se twee buurunies, Boland en Suid-Westelike Distrikte Arende (SWD), wat mekaar gepak het. Die Boland o.13-Cravenweekspan het vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar vir die eindstryd gekwalifiseer.
Redstars-rugbyklub staan onnie ná nierversaking by
Nierversaking is by Alezade Brink, ‘n 27-jarige onderwyseres van Redelinghuys, gediagnoseer. Sy worstel tans met ernstige nierprobleme en benodig dringend ‘n nieroorplanting. Haar ma, Denise Brink, is ‘n geskikte skenker, maar die operasie beloop meer as R100 000 – ‘n bedrag wat ver buite die gesin se vermoë is. Intussen ondergaan Alezade twee keer per week dialisebehandeling in Vredenburg. Hierdie behandeling, saam met die reiskoste, plaas ‘n geweldige finansiële las op haar en haar familie.
Verdediging red Young Hearts
Die tweede ronde van die Weskus se Grootuitdaagbeker-wedstryde het die afgelope Saterdag (20 Junie) op verskeie velde in die Weskus afgeskop. Vir Reuben Abels se span, Young Hearts, wat vir Hopefield gasheer in die eerste ronde op die Grafkelder gespeel het, was dit ‘n eerste uitdaging in die tweede ronde, teen ‘n tuisspan in sy agterplaas.
Weskus netbal skitter
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Tweede ronde hier
Die Weskus-Grootuitdaagbekerspanne is slaggereed vir die tweederondewedstryde wat Saterdag (20 Junie) op die verskillende Weskus-dorpe se sportterreine afskop. Nadat die verdedigende kampioen, Saldanhabaai, op 30 Mei sy rieme teen St. Helenabaai styfgeloop het, bly hy steeds die voorloper met twee punte bo Vredenburg.
Vredenburg klop Moorreesburg
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs op this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
St. Helenabaai verras!
Die Albatrosse van St. Helena- baai het die afgelope Saterdag (30 Mei) geskiedenis gemaak toe hulle die onoorwonne Saldanha- baai met 25-23 in ‘n spannende Weskus Grootuitdaagbeker-kragmeting geklop het. Die nederlaag was Saldanha se eerste van die seisoen en het gewys dat die Albatrosse weer ernstig in die titelwedloop is. Saldanhabaai het vroeg beheer geneem toe Morné Alexander in die 10de minuut ná volgehoue druk gaan druk het. Craig van Rensburg het verdoel om die besoekers 7-0 voor te plaas.
Organisasie wil ‘n verskil maak
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs op this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Paternoster Jiu Jitsu Club shines brightly
The House of Rstar Jiu Jitsu Club in Paternoster once again proved their mettle this past weekend when all five athletes from the club walked away with medals. They participated in the Apex Jiu Jitsu competition in Somerset West. The club has been affiliated for five years. Jiu Jitsu provides young people from Paternoster with the opportunity to master this sport.
Sport Archives
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Enabling talent of Atlantis
Murphy Roberts “We build. We grow. We Move, to show the volgende generation that anything is possible.” This is the motto of Nikita Hare, director of the Movemakers Performing Arts Company from Atlantis. Movemakers had a song-and-dance fusion op Saturday 12 July. “It is typically designed to make an event memorable by blending the emotional power of music with the energy and visual appeal of dance,” Hare said.
Sport Archives
To provide the best experiences, we use technologies like cookies to store and/or access device information. Consenting to these technologies will allow us to process data such as browsing behavior or unique IDs on this site. Not consenting or withdrawing consent, may adversely affect certain features and functions.
Burg Boys klop Young Hearts
Die Burg Boys en Saldanhabaai is steeds die voorlopers nadat hulle Saterdag (25 April) met Young Hearts en Paternoster op onderskeidelik Vredenburg en in die Saldanha Transnet-stadion afgereken het. Vredenburg se “Burg Boys” het Young Hearts van Pella in Vredenburg gepak en rugby-ondersteuners was geensins teleurgestel nie. Hearts, wat die nommer-vier-posisie beklee het, het geen geheim daarvan gemaak dat hulle die Burg Boys ‘n moeilike tyd in Vredenburg gaan gee nie.
Young Hearts verloor in strawwe stryd teen Vredenburg
Die Burg Boys en Saldanhabaai is steeds die voorlopers in die Boland Grootuitdaag-bekerkompetisie nadat hulle die afgelope Saterdag, 25 April, onderskeidelik met Young Hearts en Paternoster afgereken het op Vredenburg en by die Saldanha Transnet-stadion. Young Hearts met die bal. Foto: Alida Buckle Op Vredenburg het die Burg Boys vir Young Hearts van Pella geklop in ’n harde maar beheerste wedstryd wat ondersteuners nie teleurgestel het nie.
School Rugby Archives
ATLANTIS – Melissa Ndlovu van Atlantis Sekondêr is in die WP se o.18-meisiesrugbyspan opgeneem, skaars ‘n jaar nadat sy aan dié sport begin deelneem het. Melissa het aanvanklik aan atletiek, netbal en sokker deelgeneem en was veral sterk in die 100- en 200-m-naellope. Haar belangstelling in rugby het verlede jaar begin toe die afrigter Jaden Hansen haar aan die sport bekendgestel het. Die afrigter Dean Storm het haar ontwikkeling verder ondersteun.
Rockies looi Hermanus in vriendskaplike wedstryd
Die Hoërskool Swartland (Rockies) en die Hoërskool Hermanus het mekaar die afgelope Saterdag (18 April) in ‘n vriendskaplike wedstryd op die Hoërskool Swartland se sportterrein in ‘n sportdag die stryd aangesê. Die eerste wedstryde het die sportdag ingelui toe die twee skole se o.14A-spanne mekaar aangedurf het en is daarna gevolg met wedstryde tussen die o.15A-, o.19B- en o.16A-spanne.
Blitskrag skud Paternoster
Na die afhandeling van die vier ligawedstryde die pas afgelope naweek (Saterdag 28 Maart) van die Weskusstreek se Grootuitdaagbeker, is dit nou net die verdedigende kampioen, Saldanhabaai en Vredenburg se “Burg Boys”, wat nog onoorwonne is. St. Helenabaai se Albatrosse is hul onoorwonne status kwyt nadat hulle hul vasgeloop het teen ‘n begeesterde Langebaan-span wat die Albatrosse in Langebaan met 27-24 geklop het.
Krewe eindig met ‘n nederlaag
Die Vredenburg-Saldanha-krieketklub en die Victoriane-krieketklub het mekaar die afgelope Saterdag (28 Maart) in ‘n laaste Boland Primierligawedstryd op Krewepark gepak. Hoewel die Krewe hierdie seisoen nie goed gevaar het nie, bly hulle steeds ‘n faktor in Boland-krieket, wat jaarliks spelers vir die Boland- provinsiale krieket-elftal oplewer. Die Victoriane se boulers het hul vernuf van die eerste bal af getoon deur Vredenburg-Saldanha onder met goeie boulvernuf druk te plaas.
Paasnaweek is JJL-rugbytyd
Rugbyondersteuners van Atlantis, Darling, Riverlands, Mamre, Malmesbury en Pella kry vir ‘n tweede jaar die geleentheid om rugby oor die Paasnaweek op die Mamre-sportterrein te kom geniet. Saterdag (4 April) skop die Jack Johnson Legacy-Paasnaweek-rugbytoernooi af, wat beloof om rugbyondersteuners weer eens te vermaak.
Grootuitdaag al op spoed
Nadat die eerste ronde wedstryde van die Weskus-grootuitdaagliga van die Boland-rugbyunie afgehandel is, het vyf spanne geen geheim daarvan gemaak nie dat hulle Saldanhabaai se kroon wil hê. Vir rugbyondersteuners uit die Noordweste, Overberg, Witsentraal, Breëlangeberg, Swartland en die Weskus was die rugbyvelde weer eens hul toevlug op soek na opwindende rugby soos ‘n goeie bottel chardonnay-witwyn saam met lekker gebraaide Weskus-snoek en mossels uit die koue Benguela-seestroom as voorgereg.
Darling lê goed weg met die kolf
Die Darling-krieketklub het die Hopefield Wanderers die afgelope Saterdag (7 Februarie) op die Darling-krieketveld oorwin. Wanderers het die loot gewen en Darling ingestuur om eerste te kolf. Darling se openingskolwers, AB Henkelman en Fernin Hoogbaard, het die wedstryd met ‘n stewige vennootskap van 128 lopies vir die eerste paaltjie begin. Hoogbaard is eerste uit met 61 lopies van 72 balle, insluitend vyf viere.
Klubs skud reg
Die Weskus se rugbyklubs is volstoom besig met voorbereiding vir die komende Boland-grootuitdaagbeker-kompetisie, wat vroeg in Maart afskop. Ná die Saldanhabaai-rugbyklub se verowering van die Boland-rugbyunie se Top-12-trofee teen Roses United verlede jaar in Wellington, heers groot verwagtinge dat die Weskus streekspanne weer ‘n sterk seisoen gaan beleef.
Vredenburg-Saldanha-Krewe klop Caledon oortuigend
Vredenburg-Saldanha Krieketklub (VBSKK) het Saterdag, 24 Januarie, ’n oortuigende oorwinning in die derde ronde van die Boland Premierliga behaal toe hulle Caledon Krieketklub (CKK) op hul tuisveld met 140 lopies geklop het. Die sege plaas die Weskus-klub nou in die sesde posisie op die punteleer, ’n belangrike hupstoot vir die Krewe in die Premierliga met die seisoen wat in Maart tot ’n einde loop. Caledon het die loot gewen en VBSKK ingestuur om eerste te kolf.
Koringberg-rugbyklub vier 2025 se uitdagings en sukses
Die Koringberg-rugbyklub het die afgelope Saterdag (13 Desember) sy jaarlikse brekeruitdeling gehou en spelers en ondersteuners vir hul bydrae in 2025 vereer. Volgens die voorsitter, Arrie Maarman, was dit ‘n jaar vol uitdagings én mylpale vir die klub. Die seisoen het met ‘n nuwe bestuursbenadering begin, waarvolgens lede hul intreegeld moes betaal om ‘n vergadering in Wellington by te woon. Hoewel dit uitdagend was, glo Maarman dit het ‘n gevoel van verantwoordelikheid en toewyding gevestig.
Disability power day for awareness
On Friday, 5 December, the Atlantis Sector for Disability brought together stakeholders and disability organisations at Robin Hill Special School for a powerful day of awareness and community engagement. Despite the smaller turnout from the wider community, the event strongly underscored the vital role of persons with disabilities in both society and South Africa.
Rotary clubs facilitate cataract ops
Atlantis and Melkbos Rotary clubs, in proud collaboration with Jansen Forster Optometrists, Atlantic Eye Centre, Eerste River Hospital and the Radiance Foundation, expresses heartfelt gratitude to all partners and volunteers who made the last Saturday Cataract Outreach Day a spectacular success.
Skolekrieketspanne bekend
Met Bolandpark as agtergrond en die T20-eindstryd tussen Goldrush Boland en die Warriors wat op die punt was om af te slaan, het Boland-krieket die afge- lope Sondag (30 November) ‘n mylpaal gevier deur die bekendstelling van die 2025-skolekrieketspanne by ‘n petseremonie. Vyf spanne – o.16 (meisies en seuns), o.17 (seuns) en o.19 (meisies en seuns) – is aan die publiek en die media voorgestel.
Dafabet Warriors beat Goldrush Boland in super over showdown
The Dafabet Warriors are the new kings of South African T20 cricket after clinching the CSA T20 Challenge title in Paarl on Sunday, 30 November. In a final that will live long in memory, they overcame Goldrush Boland in a Super Over after the teams were deadlocked on 142 runs apiece at the end of regulation play. The Warriors’ bowlers set the tone early, striking in the powerplay to remove Clyde Fortuin and Grant Roelofsen before Boland could settle.
Dafabet Warriors klop Goldrush Boland in superboulbeurt
PAARL – Die Dafabet Warriors het Sondag (30 November) die Krieket SA T20-uitdaging-titel ná ’n spanningsvolle eindstryd teen Boland verower nadat die stryd ná die toegelate 20 boulbeurte gelykop geëindig het. Met albei spanne op 142 lopies, is die wedstryd in ’n superboulbeurt beslis, waarin Tristan Stubbs en Jordan Hermann 16 lopies aangeteken het.
Krewe braai Caledonners
Die Vredenburg-Saldanha-Krewe het Saterdag (22 November) ‘n klinkende oorwinning oor Caledon-krieketklub op ‘n kokende Dal Josafat-krieket se B-veld in die Paarl, waar die temperatuur tot omtrent 38 grade geklim het, in die laaste Boland-Super-T20- krieket wedstryd behaal. Die Krewe het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Caledon, wat dus ingestuur is om eerste te kolf, het ‘n goeie telling van 166/9 aangeteken, maar die vraag was – is dit genoeg om die Krewe te klop?
Krewe val in drie eindrondes vas
Die Vredenburg-Saldanha-krieketklub se mans- en vrouespanne het die afgelope Saterdag (8 November) die klub in drie belangrike wedstryde verteenwoordig. Eerstens het die mans se eerste span teen Van der Stel in die eindstryd in die T20-Premier-krieketliga op die Pen Basson-krieketveld in Wellington te staan gekom. Tweedens het die mans se tweede span teen Young People’s gespeel en derdens het die vrouespan teen hul eweknieë van Piketberg te staan gekom.
Saldanha moes veg
Die wedstryd teen die verdedigende kampioene van die Sanlam-Boland-Top-12-toernooi, Robertson Town, was baie belangrik vir die Saldanhabaai-rugbyklub. Die uiteindelike wenner in Groep B sal die algehele wenner van die groep wees. Dié twee spanne het reeds vir die halfeindrondes op Saterdag 15 November in die Boland-stadion in Wellington gekwalifiseer.
Alle paaie lei na Wellington vir Bolandrugby
Die rugbykoors in die Boland loop hoog, en alle paaie lei na die Boland Stadion in Wellington op Saterdag, 15 November. Die Sanlam Boland Top 12, wat vier jaar gelede ’n naamverandering ondergaan het, het sedertdien ’n merkbare gedaanteverwisseling getoon. Ondersteuners kan uitsien na ’n naweek van opwindende uitkloprugby van die hoogste gehalte.
Top-12 in rugbyliga bekend
Die Sanlam-Boland-Top-12-, Super-8-, Super-10- en Super-16-rugbyformaat is die afgelope Woensdag (24 September) in die Boland-stadion in Wellington aan die klubs, media en gemeenskap bekend gestel. By die geleentheid, wat op die Sanlam-Boland-rugbyunie se tuisveld, die Boland-stadion in Wellington, plaasgevind het en regstreeks op hul Facebook-blad gestroom is, het Bennie van Rooi (die unie se president) sterk beklemtoon dat die toernooi onveranderd voortgaan soos beplan is.
Proteas Women ready to launch Cricket World Cup campaign in Guwahati
The South Africa Women’s cricket team will kick off their ICC Women’s Cricket World Cup 2025 campaign on Friday, 3 October at 11:30 (SA time) at the Barsapara Cricket Stadium in Guwahati, India. This year’s tournament, jointly hosted by India and Sri Lanka, runs from 30 September to 2 November 2025. Eight teams will compete in a round-robin format, with the top four advancing to the knockout stages. The final is set to take place on 2 November.
Wesbank eindig heel bo in Swartland-streek
‘n Droom wat Mcneil Hendricks en sy span gekoester het, het destyds op 8 Maart op die Wesbank sportterrein teen Saron afgeskop – en op 6 September op Porterville triomfantlik teen Voorberg geëindig. Met hul doelwit reeds bereik, het Wesbank hul lojale ondersteuners ‘n laaste blik op kampioen-rugby gegee en vir dié wat hul span vir 26 weke deur wind en weer gevolg het, was die laaste liga-wedstryd van Boland Rugbyunie se Grootuitdaag-kompetisie ‘n gepaste beloning.
Saldanhabaai loop voor in Grootuitdaagbeker - net een kan hulle dalk nog vang
Nadat Velddrif die afgelope paar weke die voorloper was, het sy reis Saterdag op die Grafkelder in Pella tot ‘n einde gekom toe Young Hearts, die tuisspan, hom 39-32 verslaan het. Sy kanse om later vandeesmaand nog in die Sanlam- Boland-Top-12 te speel, is nou daarmee heen.
Darling-sokkerklub se 'Sip-en-verf' 'n groot sukses
Die Darling-sokkerklub het op 1 Augustus ‘n Sip-en-verf-geldinsameling by die Darling Marmalade Cat Restaurant aangebied om vervoerkoste vir junior en senior spanne te help dek. Die spanne reis weekliks na Atlantis en Malmesbury en die hoë kostes het ‘n behoefte vir kreatiewe ondersteuning geskep. Dertig gemeenskapslede, insluitend uitvoerende bestuurslede, het aan ‘n kleurryke kompetisie deelgeneem, wat nie net pryse opgelewer het nie, maar ook ‘n gevoel van samehorigheid versterk het.
RUGBY: Taktiek in reënweer
VREDENBURG – In ‘n wedstryd wat alles behalwe sonlig gehad het, het die Saldanhabaai-rugbyklub en die Burg Boys van Vredenburg Saterdag (9 Augustus) ‘n 20-20-gelykopuitslag in die Sanlam-Boland-grootuitdaagbeker-kompetisie van die Weskus afgedwing. Hoewel die derby in gietende reën gespeel is – en dit op ‘n veld wat hanteerfoute afgedwing het – is van die eerste minuut af gewys dat albei spanne nie net vir punte speel nie, maar ook vir streekstatus.
Show More
loading
Actions
Is this you?
As a journalist, you can create a free Muck Rack account to customize your profile, list your contact preferences, and upload a portfolio of your best work.Get in touch with David
Contact David, search articles and posts on X, monitor coverage, and track replies from one place.
Learn more about Muck Rack