Johann Mettler, stadsbestuurder van Tshwane. (Foto: X) Die klagte wat teen hom by die raad ingedien is en waarop hy moet antwoord, is gemik op toegang tot die stadskoffers. Só sê Johann Mettler, stadsbestuurder van Tshwane, wat sewe dae gegun is om redes aan te voer waarom hy in sy pos moet aanbly terwyl die klagtes, wat deur die EFF se Obakeng Ramabodu ingedien is, ondersoek word. Ramabodu is die lid van die burgemeesterskomitee vir omgewing- en landboubestuur.