Groot FM (South Africa)
VerifiedRadio
Groot FM is a South African radio station located in Pretoria. It is owned and managed by Media Management Solutions. This radio station broadcasts in Afrikaans and its programming includes music and talk shows. Source
Actions
Media Outlet details
| Scope | International |
|---|---|
| Language | Afrikaans, English |
| Country | South Africa |
|
Similarweb UVM |
Request pricing |
|
Comscore UVM |
Request pricing |
| Radio Media Market | N/A |
| Radio Format | News/Business/Music |
Recent Articles
Search Articles#JouMenseMyMense – Christopher | GROOTfm 90.5 | 14 Oktober 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Christopher | 14 Oktober 2026 | GROOTfm 90.5 Izelke Lotriet het vir ons ’n epos gestuur oor die 5-jarige Christopher. Hy is op sewe maande uit sy ouers se sorg verwyder en bly tans by sy biologiese oupa, Stefan Schoeman, en Stefan se geliefde van die afgelope ses jaar, Lydia. Hulle kyk baie mooi na hom, versorg hom, en maak seker hy gaan skool toe. Met Christopher se ouers se toestemming woon hy by hulle totdat hulle self weer op die been is.
#JouMenseMyMense – Karin Koen | GROOTfm 90.5 | 07 Oktober 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Karin Koen | 07 Oktober 2026 | GROOTfm 90.5 Karin Koen het vir ons ’n epos gestuur met die woorde: “Ek het vanoggend vir die eerste keer julle advertensie gesien. Dit het geweldig tot my gespreek in my “stil wêreld” van doofheid; dit het my soos ‘n bom getref.
#JouMenseMyMense – Jasper Courcamp | GROOTfm 90.5 | 23 September 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Jasper Courcamp | 23 September 2026 | GROOTfm 90.5 Ons het ’n epos ontvang van Erich, ’n vriend van Jasper, waarin hy sê, ‘Ek begeer regtig dat hierdie gesin net moet kan rus in die Here en weer bietjie asem haal. Ek glo werklik die seisoen kan draai vir hulle. Die kinders is pragtig en het die mooiste maniere.
#JouMenseMyMense – Michane Simpson | GROOTfm 90.5 | 16 September 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Michane Simpson | 16 September 2026 | GROOTfm 90.5 Twee onderskeie versoeke is na GROOTfm 90.5 toe gestuur namens Janice Simpson – ’n enkelmamma van twee kinders wat dringend hulp benodig vir ’n operasie vir haar dogtertjie, Michané.
#JouMenseMyMense – Keanu van Eeden | GROOTfm 90.5 | 09 September 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Keanu van Eeden | 09 September 2026 | GROOTfm 90.5 Dian van Eeden, pa van die 18 maande oue Keanu het ’n noodkreet gerig rakende ’n insulienpomp vir sy seun. Net ‘n paar weke gelede was Keanu hulle gelukkige, lewenslustige klein seuntjie. Toe verander alles binne een naweek. Op 16 Augustus, nadat Keanu ernstig ontwater geraak het en niks binne kon hou nie, het Dian en Ma, Chene, hom haastig na die ongevalle-eenheid geneem.
#JouMenseMyMense – Milana Lakie | GROOTfm 90.5 | 02 September 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Milana Lakie | 02 September 2026 | GROOTfm 90.5 Milana is op 27 weke en 5 dae gebore met ’n geboortegewig van slegs 600 gram. Tydens Anika se swangerskap is sy met ernstige intra-uteriene groeibeperking (IUGR) gediagnoseer. Dokters het vasgestel dat haar plasenta nie meer behoorlik gefunksioneer het nie en, met te min vrugwater, was dit nie meer veilig vir Milana om in die baarmoeder te bly nie. Haar beste kans op oorlewing was om haar vroeg te laat uithaal.
#JouMenseMyMense – Dayden Joubert | GROOTfm 90.5 | 19 Augustus 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Dayden Joubert | 19 Augustus 2026 | GROOTfm 90.5 Die Joubert’s is ‘n gesin van 5. Mamma Genelle, Pappa Deeha, tweeling-broers, Dayden en DeAndre (5 jaar) en hulle sussie, Dianelle (8 jaar). Al drie kinders is in Wonderboom Laerskool en geniet dit soveel. Dayden en DeAndre is in Gr.R en sussie Dianelle is in Gr.2. Mamma Genelle sê hulle gee hulle alles en is drie wonderlike geskenke van God.
#JouMenseMyMense – Nico Botha | GROOTfm 90.5 | 12 Augustus 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Nico Botha | 12 Augustus 2026 | GROOTfm 90.5 Nico Botha is met ’n aggressiewe plaveiselkarsinoom(‘n tipe velkanker) in sy gesigsarea aan die linkerkant gediagnoseer. Sy linkeroor is een groot wond, en elke dag leef hy met ondraaglike pyn terwyl die kanker aanhou versprei en sy gesondheid verswak. Hy het nie meer ‘n oor aan die linkerkant agv die tumor. Dit het sy en sy vrou, Joey, se lewens ingrypend verander en elke dag is ’n stryd.
#JouMenseMyMense – Jusje van Staden | GROOTfm 90.5 | 05 Augustus 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Jusje van Staden | 05 Augustus 2026 | GROOTfm 90.5 Elsje van Staden het vir ons ’n epos gestuur waarin sy sê: “As ’n ma is daar niks moeiliker as om jou kind te sien swaarkry en te weet jy kan net soveel doen om die pyn te verlig nie.” Die 11-jarige Jusjé, is ’n helder, liefdevolle en aktiewe dogtertjie wat dol is oor gimnastiek, netbal, sagtebal en storietyd voor slaaptyd. Maar al vir ’n lang tyd veg sy ’n pynlike stryd met haar oë.
#JouMenseMyMense – Marinda Joubert | GROOTfm 90.5 | 22 Julie 2026 - GROOTfm 90.5
#JouMenseMyMense – Marinda Joubert | 22 Julie 2026 | GROOTfm 90.5 “Ek wil graag namens Marinda wat saam met my werk haar stilletjies inskryf vir die geleentheid om moontlik gehoorstukkies te kan kry.” Calien van der Merwe het vir ons ’n epos gestuur – eintlik as deel van ’n inskrywing namens haar kollega en vriendin, Marinda, om ’n gehoorapparaat te wen. Ongelukkig het Marinda nie gewen nie, en stuur Calien toe weer aan ons ’n hulpkreet om te help.